Saturday, November 1, 2008

En..... hier is die name wat by die groepfoto pas

REUNIE 2008
Voor: Natie en Lynette Coetzer, Dreyer/Vreugdenburg kinders en Christa Dreyer (was Vreugdenburg)
Middel: Maretha Jonker (was Roets), Rosa Van As (was Celliers), Luciana Esterhuyse (was Marais). Ina Enslin (was Van Vuuren) Elize Brandt (was Koekemoer), Elsie Els (was Enslin), Coenie Dreyer, Ronel Fick (was Pretorius), Riekie Vreugdenburg (was Dreyer), Welna Croukamp (Francois se vrou), Anna-Marie Coetser (was Smith), Marene de Wet (was Richter)
Agter: Johan Brandt (Elize se man), At Jonker (Maretha se man), weggesteek agter Ina is Ben Enslin (Ina se man), Piet Els (Elsie se man), weggesteek agter Coenie is Stephan Fick (Ronel se man), Kobus Vreugdenburg, Francois Croukamp, Jakkie Phaal, Johan Coetser (Anna-Marie se man) en Koos de Wet (Marene se man)
Kan jy nou meer: Kobus Vregdenburg is getroud met Riekie – Coenie Dreyer se suster en Coenie Dreyer is getroud met Christa – Kobus Vreugdenburg se suster. Ina is getroud met Ben Enslin – Elsie se broer.

Wednesday, October 15, 2008

Komaan... Volg Anna-Marie se voorbeeld




Lekker dag vir julle, moet net nie vir my lag nie....dag ek stuur maar die foto vir die wat nie daar was nie...so jammer ons het julle almal gemis


Sunday, October 5, 2008

REUNIE - Wat 'n heerlikheid!!!!!!!!!!!!!!

Dit was wonderlik om weer ons ou skoolmaats na 30 jaar te ontmoet. Ons het 'n hond uit 'n bos gekuier en soveel wonderlike herinneringe uit daardie dae weer gedeel.

Kom ons behou kontak met mekaar, sodat ons weer in die toekoms bymekaar kan kom en lekker saam kan kuier.

Ons gaan soveel moontlik fotos op die BLOG plaas, omdat daar te veel is om per epos te stuur. Verder beoog ons om die fotos op CD te plaas, dan kan julle dit bestel.

Hier is solank 'n voorsmakie. My kamera se baterye het net te gou pap geword.

Maretha
marethaj@telkomsa.net

Tuesday, September 30, 2008

Uiteindelik het die tyd aangebreek! Dit is Reunie naweek!

Uiteindelik het die tyd aangebreek! Dit is Reunie naweek!

Bring asb. so veel moontlik foto’s uit ons skooldae saam en natuurlik julle kamera’s. Dan kan ons die foto’s agterna op die Blog sit.

Tussen Elize en myself sal ons sorg vir ‘n “urn”, koffie, tee, suiker, melk. Vir die braai sal ons sorg vir hout, pap en sous. Onthou jou bak slaai, vleis (speserye) en drankies. Daar is ‘n yskas, maar bring asb. ys.

Bring asb. jou eie borde, messe, vurke, lepels, glase, bekers en opvoustoele. Ons sal Tafeldoeke, papierborde, servette en opskeplepels daar hê. Hulle het tafels en daar is harde bankies om op te sit.

Elize se dogter sal sorg vir musiek, maar julle kan CD’s of MP3’s saam bring.

Vir die mense wat oorslaap, daar is lakens en kussings. Bring asb. ‘n kombers of duvet.

Die toegangsure is 09h00 tot 15h00. Julle kan vir Elize skakel vir meer besonderhede hieroor. (015/2899220 of 0794969324)

Sien julle daar!!!!!!!!!!!!!!!!!

Wednesday, September 24, 2008

AMPER, AMPER

Ons is nou amper by 3-5 Oktober 2008.

Elize het nog nie al die inbetalings gekry nie. Opskud julle.

Ons sal gedurende die naweek 28 Sep 2008 'n epos stuur met al die finale reëlings en dit ook op die blog plaas.

Saturday, September 6, 2008

Pretorianers kuier weer saam

'n Paar van ons het weer saam gekuier by Francois en Welma se huis, sodat ons gades mekaar kan ontmoet voor die reunie naweek. Sjoe en was dit nou lekker. Julle is bobaas kokke.



Die Reunie naweek is nou om die draai. Ons sal weer 'n epos uitstuur om alles te bevestig, so 'n week voor die reunie.



Onthou om betalings voor 15 September 2008 te doen.

Monday, August 18, 2008

INLIGTING OOR ETES VIR DIE NAWEEK

Ons Gaan Saterdagaand ons eie braai hou. Elkeen bring sy eie vleis en drinkgoed en 'n bak slaai wat ons op die tafel kan sit vir almal om te geniet. Ons gee pap, broodjies en sous.

Die wat oor slaap kan hul eie ontbyt en peuselgoed bring

of

Daar is 'n Restaurant op die perseel van die Wllem Prinsloo Museum vanaf 8uur tot 4uur.

Dit beskik oor 'n redelike verseidenheid; Van koek en tee, ontbyt of heerlike Middag etes.
Ek kan dit aanbeveel, het al daar ontbyt geniet. Billike Pryse. Ontbyt, alla carte, bv Sunshine ontbyt R35,

Middagete bufette vir R85; 4 vleise 4 slaaie, 4 groentes en rys, en nagereg. Daar is ook 'n alla carte spyskaart om van te kies. Ons moet egter 24 uur vooraf bespreek.

Daar is ook 'n kontant kroeg beskikbaar.

Julle kan self bespreek by Rene 082 967 2302

Friday, August 8, 2008

Terugvoer van Elize

Elize het met Christa gepraat sy sal nie die reunie kan bywoon nie. Pieter Alberts het nog nie gesê of hy wil kom nie. Dawid Pretorius sê hy was nie saam ons in matriek nie. Hy het 'n jaar later klaar gemaak. Marina en Corina kan nie kom nie, gaan na die huisgenoot se skouspel toe die Saterdag. Wil dalk die Vrydag kom groet. Elize het ook vir Heslia op gespoor, sy sal nog laat weet, het moonlik 'n troue aan. Ansie het intussen gebel. Sy kan nie kom nie. Hou 25ste huweliksherdenking.

Ai julle, dit is jammer dat julle dit nie kan maak nie. Dit sou so lekker gewees het om almal weer te sien.

Friday, July 25, 2008

NUUSFLITS!!!

Tot dusver is ons 35 volwassenes en 4 kinders wat die Reunie gaan bywoon.

Omdat daar so min belangstelling was vir die Vrydagaand, het Elize met Willem Prinsloo Museum geskakel, maar die koste bly onveranderd (R6000 vir die naweek) selfs al sou ons die terrein slegs die Saterdag en Sondag gebruik. Dus volstaan ons by Reunie Naweek.

Die koste per persoon beloop dus R200 per volwassene en R100 per kind en moet inbetaal word by Elize (015/2899220 of 0794969324) vir Bank besonderhede. Betaling moet asb. voor 15 Spetember gedoen word.

Omdat dit so moeilik is om te bepaal hoeveel mense daar gaan wees met elke ete, het ons gedink dat elke gesin 1 bak slaai bring, dan sit ons alles op een tafel om ‘n groot verskeidenheid te kry. Verder bring elkeen sy eie vleis en drinkgoed vir die Saterdagmiddag se braai. Elize en ek sal sorg vir pap/broodjies en sous. Elkeen sorg dan self vir die ander etes. Elize sal nog bevestig of die restaurant Sondag oggend oop sal wees vir ontbyt.

Elize het ‘n advertensie in Beeld geplaas wat reeds op 11 en 18 Julie verskyn het en nog hierdie Vrydag 25 Julie moet verskyn, maar heellaas – geen reaksie tot dusver.

Die Rekord koerant het onderneem om ‘n gratis berig onder die Agenda kolom te plaas in die komende week of so. ‘n Mens stuur die berig en as hulle ruimte het, plaas hulle die berig. Hou duim vas.

Ons is steeds opsoek na iemand wat kan sorg vir die musiek. Help asb!!! As elkeen ‘n CD of twee kan saambring sal ons ‘n groot verskeidenheid musiek hê en selfs ‘n draai of wat kan dans.


Hou asb. vir Jeanette in julle gebede.

Tuesday, July 15, 2008

Beeld Koerant

Hou asb. die Beeld dop op 11 / 18 / 25 Julie - Elize het 'n advertensie geplaas.

Tuesday, July 1, 2008

Nog een poging

Francois en Ronel het onderneem om te betaal vir 'n advertensie om te kyk of ons nie moontlik nog ou skoolmaats kan opspoor nie. Ons het kwotasies aangevra van Huisgenoot, Beeld, Pretoria News en Rekord. Sodra ons weet wat die koste beloop, sal ons een van hierdie Nuus media gebruik om 'n advertensie te plaas.

Die lys van persone wat die Reunie gaan bywoon is tans maar op 14 persone plus gade en/of kinders.

Friday, June 20, 2008

Laaste dag om te Antwoord

Ons het op talle maniere probeer om kontak met ou skoolmaats te maak, maar kon net 35 mense opspoor en uit die groepie van 35 het net 11 mense laat weet dat hulle die Reunie in Oktober gaan bywoon.

Elize het vol vertroue reeds vroeg in die jaar die hele Willem Prinsloo terrein vir die naweek 3-5 Oktober 2008 geboek met die vertroue dat daar darem so 30 mense met hul gades en kinders teenwoordig sal wees. Die koste daaraan verbonde is R6000 en Natie het die deposito van R3000 reeds betaal.

Kan almal wat nog belangstel om die Reunie by te woon asb. so spoedig moontlik antwoord. Ons het net minder as 90 dae oor om alles te reël.

Maretha Jonker (Roets)
marethaj@telkomsa.net
0825658971
Elize Brandt (Koekemoer)
elizebrandt@webmail.co.za
015 2899220
0794969324

Email: herculesreunie@gmail.com
Fax: 0866580362

Monday, June 9, 2008

Francois & Welna Croukamp


'n Paar van ons het so 'n ruk gelede bymekaar gekom om te kuier en een van die snaakste dinge om te sien was dat niemand geweet het hoe die ander lyk of behoort te lyk nie. Vir onsself het ons niks verander nie, maar 30 jaar is 'n lang tyd en Moeder Natuur het maar 'n manier om merke op almal te los, op party beslis meer as ander.

Daarom het ek besluit om maar 'n foto van Welna & myself in te sluit om te wys wat het van die "lang maer" outjie geword sedert ons in 1978 die laaste stof van ons skool skoene afgestof het.
Miskien kan elkeen van julle dieselfde doen en sodoende help om die "vreemdelinge" so klein bietjie meer bekend te laat lyk wanneer ons mekaar in Oktober sien.
Groete,
Francois

Sunday, June 8, 2008

Ina-Mozzie

Ek voel so magteloos oor die ouens wat nie antwoord nie. Wat kanmens doen ???????? Wat van Rentia ? En Elsie. Miskien moet ek haar so 'nSMS gee ? En Theo ? hy het dan saam met julle gekuier? Coenraatfiet?? Het niemand vir Heslia dalkies raakgeloop nie ?

Ina Enslin (Van Vuuren)
Mozambiek

Ons het 30 jaar hiervoor gewag.....

Liewe 1978 Maats

Soos julle weet is ons nou al 'n geruime tyd besig om die 30 jaar reunie te reël, vir die naweek van 3-5 Oktober 1978. Dit was vir ons baie verrykend om wel van die paar (6), te hoor wat gereageer het op die BLOG. Die frustrasie om reaksie te kry, is baie verlammend. Ons ervaar op hierdie stadium egter 'n groot probleem in die sin, dat ons nie bevestigde getalle het om mee te werk nie.
Daar het tot op hede 8(?) bevestig dat hulle die funksie gaan bywoon uit 'n moontlike 35(?) van wie ons reeds die kontakbesonderhede het. Die perseel wat ons met optimimse gereël het, se koste beloop R6 000 vir die eerste 60 gaste vir die naweek. Die deposito is reeds met groot verwagting betaal. Indien ons nie die vereiste 60 mense gaan bereik nie, beteken dat die wat wel gaan die koste sal moet dra, Tans beloop die koste ongeveer R100 p/p vir die naweek, maar as ons bv. net 20 gaan wees, sal elkeen R300 moet opdok, behalwe dat daar nog ekstra reiskoste is vir die wat van ver af moet kom, teen die stygende brandstof tolgelde van vandag!
Ons wil 'n ernstige beroep doen om dringend en wel voor 30 Junie'08 te laat weet wie kan kom en wie nie.
As ons nie teen die sperdatum genoegsame terugvoer gekry het nie, sal ons nie 'n ander keuse hê as om die reunie te kanselleer nie. Ons kan dit tog nie toelaat nie! Ons het 'n leeftyd hiervoor gewag. Indien julle enige antwoorde, insette, of navra wll deurgee, skakel, of e-pos, of fax, of sms, of slakke of spoed pos. Reageer net asseblief!!!!

Elize Brandt (Koekemoer)
elizebrandt@webmail.co.za
015 2899220
0794969324

Groete van Moedverloorsevlakte
Elize

Friday, June 6, 2008

Fakse & GMAIL

Dit blyk dat fakse ongeveer 3 dae neem om in te kom en ons kry nou eers GMAIL wat op 20 Maart gestuur is. Ja-nee, Tegnologie is nie altyd so wonderlik as wat 'n mens wil hê nie.

Wednesday, June 4, 2008

GMAIL werk nou weer

GMAIL werk nou weer. Laat rol die antwoorde in. Dit kan tog nie net die handjie vol wees wat die reunie gaan bywoon nie.

En wat is fout met al die ander? Dit is net ek en Elize wat elke keer iets op die BLOG plaas.

Maretha

Tuesday, June 3, 2008

Musiek

Wat van musiek? Wie het 'n lekker musiek studio? Miskien moet elkeen so 'n paar gunsteling CD's saambring, dink net hoe lekker verskeidenheid musiek gaan ons dan hê.

INFO WILLEM PRINSLOO MUSEUM

Daar is 10 kamers. Elkeen met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 8 stapelbeddens in met 'n paslaken kussing en sloop.(Dit word eintlik vir voortrekkers gebruik) BRING EIE KOMBERSE. Ons sal voorkeur gee aan die wat van ver af kom. Ons verwag nie dat jul moet deel nie, maar dit sal gaaf wees as daar is wat kans sien om te deel. Kamers is min, so bespreek asb vroegtydig.

Daar is plek vir kampers, asook aparte ablusie geriewe.

Wat die kombuis betref is daar stowe yakaste, potte, bakke, opwas geriewe. BRING ASB EIE BRAAITANG, BORDE EN EETGEREI. Die saal het 80 stoele en 10 tafels. Die braaiplek het sement banke, BRING KAMPSTOELE, want dit kan hard en koud word van teveel sit!

Navrae en kan by my gedoen word: elizebrandt@webmail.co.za Tel: 015 289 9220 of cell:079 496 9324

Ons moet nog 'n kosteberekening doen. Sal jul so gou moontlik laat weet.

Herkie groete

ELIZE

Sunday, June 1, 2008

UITSTEL TOT 15 JUNIE

Dit blyk dat daar probleme is met GMAIL en dat baie emails ons nog nie bereik het nie. Ons het die datum vir terugvoer uitgestel.

Laat weet asb. wie kom, wanneer en of julle tevrede is met ete reëling.

Wednesday, May 21, 2008

31 MEI 2008

Ons wil graag julle insette rondom die etes hê. Miskien kan ons die Vrydag aand iets soos Kerrie en Rys of Lasagne reël. Dan 'n lekker "Brunch" vir later die Saterdag oggend. Die wat vroeg oggend moet pille drink, kan maar beskuit of kitspap saam bring vir die doel. Saterdagaand hou ons 'n lekker braai en kan reël dat hulle vir ons die pap, sous en slaai voorsien. Sondag oggend kan elkeen na sy eie ontbyt omsien, voordat ons groet en huiswaarts keer.Laat weet asseblief wat julle dink, so teen 31 Mei 2008, sodat ons 'n kwotasie vir die etes kan kry.



Kan julle asb. ook 'n aanduiding gee wie almal die reunie gaan bywoon - ook of julle die hele naweek, slegs Vrydag aand of net Saterdag daar sal wees.



Email: herculesreunie@gmail.com
Fax:0866580362
BLOG:http://herculesreunie1978.blogspot.com/

Monday, May 19, 2008

Pretorianers

Vrydag middag, 16 Mei 2008, het 'n groepie van 5 bymekaar gekom en heerlik saam gekuier. Almal is dit eens dat ons gerus maar weer kan saam kuier voor die amptelike reunie in Oktober 2008. Francois, baie dankie vir die idee en jou gulhartige optrede as gasheer. Francois, Kobus, Theo, Ronel en Maretha het kopstukke gesels oor die ou dae en wedervaringe van die afgelope 30 jaar met mekaar gedeel. Soek die foto wat Kobus geneem het om te sien hoe min of hoe baie ons almal verander het.

Ons moet asb. teen 31 Mei 2008 weet wie gaan vir die naweek by die Reunie wees, wie gaan slegs die Vrydagaand of die Saterdag daar wees en hoe voel julle oor die etes.

Email: herculesreunie@gmail.com
Fax:0866580362

Wednesday, May 7, 2008

Lief en Leed

Ina het my herinner aan die afsterwe van Betsie Snyman en Riaan van der Walt.
Ons meegevoel aan Lourens du Pisanie se familie met die afsterwe van Lourens op 1 Mei 2008. Ons plaas julle op ons gebedslysie.

Voorstel van Daleen

Marene de Wet (Richter) het verlede jaar met die skool kontak gemaak en verneem dat die skool heelwat behoeftes het, waarvoor daar nie voldoende fondse is nie. Die faks en behoeftelys van die skool is aan almal met 'n epos adres gestuur.

Dalene Marx (Viviers) het die volgende voorstel:

Soos ek reeds genoem het, is ek betrokke by Gauteng Noord Fietsry en by die Jakaranda Ontwikkelingsklub. Ons kan kyk of ons nie dalk ‘n fiets fun ride kan reël nie. Met die regte bemarking, roetes en goedkeuring van die Verkeers-
departement kan ons op ‘n Saterdag gemaklik R20 000.00 profyt maak. Die skool moet net die terrein beskikbaar stel en ons kan dit vandaar verder neem.

Friday, May 2, 2008

FAKS NOMMER:

Ons het nou 'n Faks nommer vir die reunie:

0866580362

Nou het julle nie meer 'n verskoning nie. Laat die fakse inrol as julle sukkel met die Blog.

Stuur jou storie van die afgelope 30 jaar, dan plaas ek dit op die Blog.

Maretha

Monday, April 28, 2008

Natie Coetzer

Hallo aan almal,

Ja, soos julle reeds gelees het was ek en Jakkie Phaal toe na skool saam weermag toe. 'n Hele paar benoude oomblikke saam beleef maar deur die Here se genade geen " lek plekke " opgedoen nie asook vir die 10 jaar se weermag kampe wat daarna gevolg het nie.

Ek is in 1982 met Evelyn getroud, het 2 pragtige dogters, Maureen ( 24 ) en Shanelle ( 14 ) wat ons wonderlike vreugdevolle tye elke dag laat beleef en waarvoor ons die Here ewig dankbaar sal wees. Maureen was hoofdogter van Hoërskool Delmas en het verlede jaar haar graad in verbruikers Wetenskap aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Shanelle is in Wonderboom Hoërskool graad 9.

Ek het na 21 jaar ( 1999 ) 'n baie suksesvolle en geseënde bankloopbaan verruil vir die sakewêreld toe ek vanaf Delmas , waar ek Bankbestuurder van Absa was na Burgersfort verhuis het. In die proses is ek van my vrou geskei. Ek en my swaer het elk 'n vulstasie op die dorpie aangeskaf en het in ons wildste drome nie kon droom wat die Liewe Vader vir ons lewens beplan het nie. Binne 'n bestek van 2 jaar nadat ons hier aangeland het , het myne oral rondom ons begin opskiet en het ek betrokke geraak by 'n konstruksie maatskappy wat ek in 2002 oorgeneem het - Construction 2yk .

Ek is weer getroud met Lenette wat nie net my sielsgenoot is nie maar in die besigheid my regter en liker hand is. Dit is natuurlik onmoonlik om 30 jaar se opwindende lewe in so 'n klein spasie op te som en sien ons baie uit na die naweek van 3-5Oktober. Ek mis hierdie geleentheid vir niks in die wêreld nie en as dit die Here se wil is en ons leef sien ons julle daar.

Liefde Groete

Natie

Ronel se bydrae

Hallo almal. Maretha het gevra dat ek ook maar my ou storietjie vertel. Ek het na matriek by NKP geswot en klaargemaak. Ek het vir vier jaar in die ou Noord Transvaal skoolgehou en toe saam met my man en babaseuntjie teruggekom Pretoria toe. Skoolhou by Langenhoven Hoerskool was 'n katastrofe en ek het na twee weke besluit ek gaan liewers programmering doen. Na 20 jaar is ek nog steeds in IT. Ek het maar aanhou swot tot ek besluit het ek is nou heeltemal klaar daarmee. 'n Tikkursus gaan vir my nou te veel wees.

My oudste seun is 21, my tweede een 18 en my dogter 16. Ons bly in Eldoraigne en ek ry elke dag Linbro Park in Johannesburg toe waar ek vir 'n maatskappy werk wat farmaseutiese produkte versprei. Ek is nou 3 jaar daar nadat ek my deel gedoen het in die staatsdiens vir die 6 jaar voor dit.

My man is 'n ou motorfiets ryer en ek het so 3 jaar terug ook begin ry. Ons het al heelwat met ons fietse getoer (=/- 15 000km). Ons is al 2 keer deur Botswana en het met 'n redelike groot groep deur Baviaanskloof, Knysna,Rooibergpas,Oudshoorn getoer vir 10 dae. Die volgende toer wat ons beplan is deur Namibie. Net ingeval julle dink ons doen dit op die sagte manier, ons ry grondpad, al die pad. Teerpad is net daar om te kruis as dit nodig is of as daar nie 'n ander manier is om by petrol uit te kom nie. Ons ry alles saam op die fietse. Huis, kombuis, bed, gereedskap, noodhulpkas ......

Ek sien uit daarna om die bekendes weer te sien. Ek kan ongelukkig party van julle onthou nie, miskien moet julle maar meer fotos pos.

Elize, Maretha waar het ons al oral geadverteer? Ek sien nog net 5 het gestem. Kan ons help met iets? My groot projekte is nou amper klaar so ek kan weer begin asem skep.

Herkie groete.

Wednesday, April 16, 2008

Elize en Maretha kuier saam

Elize en ek het verlede week Woensdagaand weer ontmoet na soveel jare en 'n hond uit 'n bos gekuier. Die beste deel van die besoek was toe ons deur die foto albums geblaai het en probeer het om almal se name te onthou. Ai tog, en die herinneringe aan daardie goeie, sorgelose dae.


Elize, ons wil net vir jou en Ina, wat eintlik die bal aan die rol gesit het, bedank. Sonder julle inspirasie en aanvoor werk sou ons gewis nie nou al 'n datum of 'n venue gehad het nie. Natie, dankie vir die deposito. Elize het saam met haar man Johan, sy skool se reunie te Willem Prinsloo Landbou Museum bygewoon en die terrein vir ons reunie bespreek. Daleen op haar beurt ken die mense wat die etes verskaf.

Ons wil graag julle insette rondom die etes hê. Miskien kan ons die Vrydag aand iets soos Kerrie en Rys of Lasagne reël. Dan 'n lekker "Brunch" vir later die Saterdag oggend. Die wat vroeg oggend moet pille drink, kan maar beskuit of kitspap saam bring vir die doel. Saterdagaand hou ons 'n lekker braai en kan reël dat hulle vir ons die pap, sous en slaai voorsien. Sondag oggend kan elkeen na sy eie ontbyt omsien, voordat ons groet en huiswaarts keer.



Laat weet asseblief wat julle dink, so teen 15 Mei 2008, sodat ons 'n kwotasie vir die etes kan kry. Kan julle asb. ook 'n aanduiding gee wie almal die reunie gaan bywoon. Klik sommer net op die Comments hieronder en voeg jou naam by.



Maretha

Saturday, April 12, 2008

Hallo Hercies van 1978 - Jakkie

Hallo aan almal,

Eerstens wil ek net aan almal baie dankie se vir al die gebede! Dit is so wondelik om te weet dat ons 'n Lewende God aanbid en dat geen siekte vir Hom te groot is nie! Ek het fantastiese nuus gekry en alle eer aan Hom!!! Dit gaan wonderlik met my en het ek alle rede om voluit te lewe.

Ek het na weermag (Natuurlik saam met Natie - wat my met my erge hoogtevrees en al oorreed het om saam met hom Valskerm Batajon toe te gaan) vir omtrent agt jaar in die bankwese gewerk. Ek het daarna vir ons almal se nagmerrie "SARS" (Doeane en Aksyns) gaan werk, maar het sowat agt jaar gelede in die privaat sektor by 'n "Clearing & Forwarding" maatskappy in Kemptonpark begin werk. Ek geniet my werk ontsettend en is bevoorreg om so gelukkig te wees.

Ek was met Yvonne Flynn (Tuine Hoerskool - Marene sal weet wie sy is) getroud en het ons twee pragtige dogters. Jeanne-Marie(19) en Monique(17). Jeanne-Marie swot tans grafiese ontwerp en binnehuise versiering en Monique is nou in graad elf, in Bloemfontein, op skool.

Ek hou myself nog steeds met die sport besig en speel ten minste een keer per week "action cricket" en golf! Die beweeglikheid is nie regtig meer wat dit moet wees nie, maar ons probeer!!!!!! Ek speel al vir die laaste ongeveer vyftien jaar vir Gauteng Noord en was in 1995 & 1996 deel van die SA span wat Engeland toe getoer het. Ek is aan die begin van die jaar weer aangestel as 'n Suid Afrikaanse keurder en is ook die bestuurder van een van die spanne wat in Oktober 2008, na die wereldbeker in New Zealand toe gaan - EK HOU MAAR DUIM VAS DAT DIT NIE IN DIE REUNIE TYD VAL NIE!!!!!

Ek bly nog al die jare in Pretoria en skree nog steeds vir die 2008 FLOU BULLE!!!

Dit is absoluut fantasties om van almal te hoor en sien ek verskriklik baie uit na hierdie reunie!

Weereens baie dankie vir die gebede en ek wil ook vir Natie en Lynette baie dankie se vir hulle ondersteuning!! Die naweek saam met hulle was "awesome" en die tydjie wat ek en hy op die Saterdagoggend daar in die koppies spandeer het, was vir my 'n nuwe openbaring. Ek het opnuut weer die vrede van ons Lewende Vader ervaar en het ek weereens besef dat alles moontlik is en dat ek tot alles in staat is deur Christus wat my die krag gee! Baie dankie, ou maat!!!!!!!

Hercules Groete,

Jakkie

Tuesday, April 8, 2008

Elize

Hallo Julle,

Ek is so opgewonde dis so lekker om van julle te hoor. Ek is bly dat Francois die baanbrekerwerk vir die manne gedoen het. Natie het vanmiddag vir my gesê hy gaan hierdie naweek vir die blog skryf. So watch this space, soos Francois sê! Gepraat van Natie: Ons moes 'n perseel kry vir die reunie en 'n deposito betaal. Die huur van die perseel gaan ons R6000 kos vir die naweek. Natie was so gaaf om die deposito te betaal. Ons moet nog 'n plan maak hoe om die res te betaal. Indien ons 'n donasie kan kry sal dit baie help. Anders sal ons vir elkeen wat die reunie bywoon 'n fooi vra. Ons sal die inligting nog vir jul later deurgee. Marene Richter het met ons skool gepraat en hulle kry regtig finansieel en maatskaplik. Kan julle dalk help om aan 'n plan te dink om hulp te verleen of geld in te samel. Dit gaan so sleg dat hul water en ligte afgesit was op 'n stadium. Marene kan vir ons meer inligting gee, sal haar vra (dwing?!) om te skryf.

As daar vra is kan jul maar vra. Ons sal jul insette waardeer.

Herkie groete

Elize

Class of 1978 - Francois

Hallo daar,
Soos almal van ons het daar soveel dinge met ons gebeur in 30 jaar dat jy nie weet waar om te begin nie. Sover dit myself betref seker die belangrikste gebeurtenis my vrou Welna, wat ek in 1982 ontmoet het. Welna het in Groblersdal groot geword en op NKP geswot waar ons ontmoet het, kan my nie indink 'n lewe sonder haar nie.

Ons het 2 wonderlike kinders, Le Roux het sy ma se nooiensvan as naam gekry en ons het my naam so bietjie " gepanelbeat" om vir Franconette te help met 'n naam, haar pa se oogappel.

Le Roux het klaar geswot het en beklee 'n wonderlike pos in die IT bedryf. Franconette is tans in haar 3de jaar by Tuks besig met 'n BSC Bourekenkunde. Sy het groot planne vir die toekoms, watch this space!!

Welna is 'n onderwyseres by 'n laerskool in Centuriuon en spesialliseer in Remediering. Sy het so paar jaar gelede aan die swot geraak en 'n Honneurs en M voltooi. Sy oorweeg tans die moontlikheid om met 'n doktoraal te begin. Weet nie of ek moet uitsien daarna of moet stres nie, dit gooi nogal die huishouding om ver.

Wat my self betref werk ek vir die afgelope 20 jaar by WesBank waar ek 10 jaar takke bestuur het, by verre die lekkerste werk wat ek nog ooit gehad het. Het in 1988 in Witbank begin en die hele ou Transvaal my deel gedoen, van Nylstroom, Tzaneen, Brits tot in Centurion.

Op die oomblik het ek 'n kantoor in Pretoria en is verantwoordelik vir Ford, Land Rover, Jaguar en Volvo asook al die Chinese produkte wat die land instroom. Ek geniet my werk vreeslik baie, veral die mense aspek hiervan, asook die kans om binnelands en oorsee te reis. Buiten vir die kans om al die mooi plekke in ons land te sien was ek bevooreg om die laaste 2 jaar Engeland, Finland, Swede, Bahamas, Kuba, Amerika, China, Egipte, Mauritius en Zambie te besoek. Alhoewel ek alles baie geniet bly Suid Afrika steeds die beste plek ten spyte van al die probleme.

Ons woon die afgelope 15 jaar baie gelukkig in Centurion. Met Le Roux in sy eie huis en Franconette in die koshuis is dit net ek en Welna en 2 honde, seker die mees bederfde brakke in die hele Pretoria, 'n Maltees en 'n worshond met die naam Frikkie, die beste hond wat ek nog ooit gehad het. As jy na hom en sy maniere kyk bly ons in sy huis.

Verder is ons in die gelukkige situasie dat beide Welna en my ouers nog leef, voorwaar 'n groot voorreg om hulle gereeld te sien.

Sien julle almal in Oktober.

Groete,

Francois
082 554 7768


ps - die langste afrikaanse brief wat ek in jare geskryf. WesBank het defnitief baie meer vir my engels gedoen as vir my afrikaans

Monday, April 7, 2008

Komaan Manne!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Gaan julle regtig toelaat dat die dames julle stof in die oë skop? Al tik jy net met 2 vingers behoort dit net 1 oggend te neem!!!!!!!!!!!!!!!!

Saturday, April 5, 2008

Dalene (Viviers)

Dalene (Viviers) het die aanvanklike reelings getref vir die naweek te Willem Prinsloo Landbou Museum. Hier is nog goeie nuus. Dankie vir al jou moeite Dalene.

More Elize,

E-mail adres is honderd persent. Ek was op kursus en vir lank periodes uit die kantoor, jammer ek kom nou eers terug.
Ek glo dat ons afslag by die restaurant sal kry, ek sal Boet-hulle vandag bel en uitvind hoe hulle ons tegemoet sal kom.
Wat beplan julle ten opsigte van die etes. As jy my moontlik ‘n aanduiding kan gee, hoeveel keer wil julle van die restaurant gebruik maak en waste etes het jy ingedagte. Laat weet my maar, dit maar dit net soveel makliker om ietsie met hulle te reël.

Wel omtrent myself. Ek is met ‘n Meganiese/Elektriese Ingenieur getroud en het net een seun, Franco. Net soos ek, is hy ook in die IT bedryf, maar in die netwerk kant. Hy reis die land vol en is nog ongetroud, en daar is nog geen kleinkinders nie. Ek het na matriek by Binnelandse Sake begin werk in deportasies, en ‘n diploma in administratiewe bestuur verwerf. Na 12 jaar het ek oorgeskuif na die Dept van Water Wese en Bosbou en is nog steeds werksaam hier. Ek is tans besig met my graad in “Logistic Management” en sal na die einde van hierdie jaar besluit waarna toe verder.

Ek diens tans op die Jakaranda Fietsryklub se bestuur as PRO. Ons is geaffilieer by Fietsry Suid-Afrika en Gauteng Noord. Ek het drie jaar gelede Gauteng Noord kleure vir fietsry gekry en ook ‘n spesial toekenning vir 2500km wat ek in dertien verskillende wedrenne gery het. Na ‘n ongeluk twee jaar gelede het ek ‘n bietjie slap gelê en begin nou eers weer oefen. Ek is egter van voorneme om volgende jaar weer aan die Pick-n-Pay Argus deel te neem. Om bietjie fiks te bly ry ek en my broer se dogter, (7jaar) ry elke Sondag oggend perd by die Voortrekker Monument.

Ek wag verder om van jou te hoor aangaande die etes.

Groete


Dalene

Thursday, April 3, 2008

Ina Enslin (Van Vuuren)

Ja nee dis defnitief 'n bloot natuurlike verskynsel wat weereens hier sy koppie uitsteek. Vroue is maar net meer ingestel om mekaar of 'n situasie emosioneel te voed. Hier is ons wel besig om dit te bevestig. Kom nou manne skrywe vir ons julle storiekies, of vra julle beterhelftes om dit namens julle te doen. In alle geval hier is myne.... Gonnas ek kon nog nooit 'n goeie opstel geskryf het nie, wat staan nog 'n goeie stukkie oor myself te vertel. Seker maar waarom ek op skool altyd verkies het om eerder 'n sangitem te lewer as om self aan die debat deel te neem.ha-ha-ha.. maar ag let's go..... Ek het 29 jaar gelede trou belowe aan Ben Enslin. Ons het 2 seuns. Treben , 28 jaar oud en Neil 25 jaar oud. Treben is verloof en trou in November en Neil het sopas einde Maart getrou. Albei die seuns het hulle ingenieurs studies voltooi en ons is baie trots op die twee manne. Ek en Ben het albei ook Meganiese ingenierswese gestudeer. Ek het vir jare lank in die Ingenieursveld gewerk, maar het vir die laaste 10 jaar as Administrateur by die Richards Bay Community Kerk en temp/aflos wiskunde en rekeningkunde onderwyseres by die RBay Christian School gewerk. Wat 'n ondervinding en leerskool vir my. Darem leef al die kinders nog asook het hulle almal goed geslaag. Sedert 1 Februarie woon ons in Mozambiek (Maputo) en is ek tans huisvrou. Wat 'n belewenis ! Dis een groot organising storie van die more tot die aand. Sjoe. Dis baie makliker om somme te maak ! Maar Ben vertel vir almal dat hy dink dis tyd ek lyk nou oud genoeg om maar op pensioen te gaan. Ek hoef nie my reaksie te verduidelik nie ne ?? Ag wat ek bly lekker en is baie gelukkig. Nou ja vir eers is dit al wat ek kan se. Ek sal soos die tyd aanstap, my ou storiekie optop !! Ek is nogal nuuskierig om te sien watter een van die manne eerste hulle ding gaan doen hier op die BLOG ???? Tot later



In Sy Liefde

Ina

Tuesday, April 1, 2008

Baie dankie aan almal wat tot dusver 'n bydra tot die Blog gelewer het. Kamaan, wat is fout met al die ander?
Ons soek asb. nog kontak besonderhede. Stuur dit aan herculesreunie@gmail.com sodat ons nog meer van die ou skoolmaters uitnooi na die reunie.
Maretha

Sunday, March 30, 2008

Nuus van Elna Kotze (van Zyl)

Dit sou onmoontlik gewees het om weer kontak te maak, was dit nie vir Maretha en Elize nie. Baie dankie julle twee. Wat n voorreg om al die nuus te lees, die opgewondenheid en hoop, maar ook die seer, wat maar so in elkeen van ons se lewens kom sit het.
Deur die jare het die Here my ongelooflik bederf. Ook getroud met n man wat Christus leef. Nooit gedink ek sou n "pastoriemoeder" wees nie. Ons het 21 jaar lank in Messina gewoon. Zimbabwe lê ons na aan die hart, die mense is honger en verward. Soms het daar tot 18 honger mense hul sit op ons grasperk gekry, en dan moes ons maar net kos voorsien. Dit is nogal uitputtend. In Messina het ons ontsettend baie manne en vroue kampe aangebied. Dit was n heerlike voorreg om te ervaar hoe God lewens kom verander.
Na 21 jaar was ons baie moeg van al die ryery en het in April 2007 na Rustenburg verhuis. Na amper n jaar is ons nog nie behoorlik uitgepak nie, maar baie besig en aan die gang. Soggens werk ek by CANSA, in die middae bied ek kunsklasse aan, iets wat ek baie geniet, daarna kom berading aan die beurt en verder is ek betrokke by die kerk se bedrywighede.
Ons is ongelooflik bevoorreg om twee pragtige kinders te hê, wat die Here voluit dien. Zelda word hierdie jaar 23 en is in haar 5de jaar besig met Teologie. Sy was vir 4 maande in Oostenryk besig met studies daar. Het die voorreg gehad om Europa ook sommer binne twee weke kaf te draf, daarna eksamens te skryf en boonop Johan Botha (die volgende Pavarotti) te ontmoet en by hulle aan huis te kuier. Die reis- gogga het haar gebyt. Wil Januarie, Turkye gaan besoek.
Peter ons jongste is 2o jaar en 2de jaar teologiese student. Baie opwindend met al die Teoloë hier rondom my! Hy droom ook om eendag as uitruilstudent na of Oostenryk, Frankryk of Amerika te gaan.
Alma mater, so deur die loop van jare het ons ook hier en daar van die lief en leed verneem. Ons bid saam met elkeen wat ook deur die worstelstryd van kanker gaan. Ons bid vir Goddelike aanraking en genesing. Ons eer die Here vir die wat genees is. Mag Hy steeds die Lig op ons elkeen se pad wees.
Sterkte en seën.
Elna

Saturday, March 29, 2008

LIEF & LEED
Plaas asb. vir Jeanette Marais (du Plessis) op jou gebedslysie. Sy is tans weer onder behandeling vir kanker.

KONTAK BESONDERHEDE

Kontak marethaj@telkomsa.net om die "SignIn Name & Password" te kry, sodat jy jou besonderhede op die Blog kan sit.

Rentia, Elize, Antoinette, Maretha

“Hi Almal.Dis ekke - Rentia Meyer (van Rooyen)! Dit is heerlik om so al die nuus van my ou skoolvriende te lees! Dit voel soos nou die dag dat ons saam op skool was en ek onthou soveel goeie tye wat ons gedeel het! Ek het na skool gaan studeer op Tuks en my in die Rekenaarbedryf begeef - 25 jaar lank al! Ek is tans werksaam by Business Connexion as Account Executive. Ek is getroud in 1983 met Dion Meyer, 'n geskenk van God, en het 3 pragtige kinders! Mariska, is 21 jaar oud en is tans besig met haar graad (finale jaar) in Somatologie by TUT. Sy stel baie belang in hoe om die mediese rigting en die skoonheidsrigting te kombineer en sal graag eendag ‘n holistiese kliniek wil oopmaak. Sy het blonde hare, is fynbesnaard, baie musikaal en ook baie kunstig! Johann, my seun is 19 jaar oud en is besig met sy eerste jaar as Elektroniese Ingenieers student by TUT. Hy het donker hare, is groot gebou en leef, eet en drink rekenaars en elektronika! My laatlam, Dionè is 13jaar oud en in Graad 8! Sy is mal oor dans (modern en funk) en het al mooi prestasies bereik op die SA Kampioenskappe! Sy is die maltrap en besige enetjie in die huis - neem aan alles deel wat sy kan! Sy hou my en Dion jonk! Ons bly in Witbank en glo dit - ons geniet dit vreeslik! Witbank het so ontwikkel - ons het tot ons eie 'mall'! Tog bly dit 'n plattelandse dorpie - min verkeer en rustig! Ons hele gesin is baie lief vir musiek - ek, Dion en ook Mariska sing graag; Mariska speel klavier en Johann baskitaar. Maar die grootste getuienis van alles: God het die grootste wonderwerk in my lewe gedoen - Ek is in Augustus 2006 met borskanker gediagnoseer. Wat traumaties moes wees en ons gesin moes vernietig - het God in iets wonderliks en groot omgekeer! Ek het na my operasie die grootste vrede ervaar wat ek weet net van God afgekom het! Ek het chemo en bestraling ontvang - maar selfs dit wat erg moes wees het God vir my so maklik gemaak! Ek het die mooiste herinneringe daarvan - Dion was elke behandeling saam met my en ons het heerlik gekuier! Selfs toe ek my hare afgeskeer het, was dit prettig - my kinders het vir my 'n 'mow-hawk' geskeer. Dit was sowaar prettig! My toetse wys dat ek skoon is - 'n volkome bewys van God se beloftes dat hy my volmaak genees het en gesond sal hou! Op my rekords by die onkoloog, het ek dat hy aanteken dat ek 104 jaar oud gaan word! Ek loof en prys God vir Sy genade en liefde wat Hy so kosbaar in my en my gesin se lewens bewys het! Dit het weereens bewys hoe groot en almagtig onse God is en dat Hy nog steeds wonderwerke doen in ons lewe! My en my hele gesin se geloof is so versterk hierdeur - my kinders weet hulle kan met ENIGE iets na God gaan - hy voorsien en antwoord gebed! Ek wil so graag deur my lewe God verheerlik in ALLES wat ek doen! Ek kan nie wag om julle almal weer te sien nie! Dit gaan GROOT pret wees! Baie liefde en groete aan almal! Rentia Meyer”
Posted by HERCULES REUNIE at 11:27 AM 1 comments

Sunday, March 2, 2008

HOE? "Post to Blog"
Klik net regs bo op NEW POST - Tik jou boodskap en klik op PUBLISH POST.
Posted by HERCULES REUNIE at 9:48 AM 0 comments

Ronel en Elize - Dankie dat julle laat weet het dat die link na die blog werk. Kan iemand asb toets of julle kan pos na die blog toe.
Posted by HERCULES REUNIE at 9:40 AM 0 comments

Thursday, February 28, 2008

Hercules Hoërskool 1978 Matriek Reunie
Matriek 1978 - HerculesNuusbriefFebruarie 2008
Dagsê almal.
Raar, maar waar. Sedert Elize en ek die eerste keer met mekaar kontak gemaak het, is byna 2 maande al verby.
Ons het reeds ‘n "group" en "event" vir Hercules Reunie op Facebook:http://www.facebook.com/maar nog geen terugvoer.
Een van die " wiz kids" by my werk sal ons help om ‘n "blog" op te stel sodat almal kan deelneem en nuus met mekaar deel, dit is gratis, eerder as ‘n webblad wat ‘n hele paar Rand kan kos. Meer inligting in die volgende nuusbrief.As julle weet van nog vindingryke maniere om te adverteer, laat weet my asb. Elize het al op ‘n Saterdag oggend op RSG adverteer. Ek het pryse van die SABC gekry, maar dit is buitensporig hoog.Die verf handelaars in die omgewing van die skool is maar traag om te besluit hoe om die skool te help. Ek hoop om beter nuus in die volgende nuusbrief te plaas.

LIEF EN LEED
Ter nagedagtenis aan:Danie de Waal - het enige iemand asb meer inligting?
Beterskap met die gesondheid:Rentia en Jakkie - kanker
Weet gerus dat julle nou ook op ons gebedslysies geplaas word.
Gelukwense:

Emails wat terug bons:
Jan and Talita de Waal [talitadw@telkomsa.net]
hugogjooste@polka.co.za hugogjooste@polka.co.za

MEER OOR:

Elize (Koekemoer) Brandt het al met die meeste van julle telefonies gepraat.Dinge is aan die gebeur om die reunie te reël. Ter aansluiting by Maretha kan ek dalk net vir jul die datum deurgee: 3-5 Oktober ' 08. Coenie laat asb van jou hoor, ek kry jou nie telefonies in die hande nie, hoop jou e-pos adres is reg.Ons wil graag hê jul moet ons help om nog pêlle op te spoor, gee vir hulle ons inligting dat ons hul kontakbesonderhede kan kry. Ons beplan om 'n website te kry om almal se doen en late met mekaar te deel. Dis mos lekker om mekaar weer op te spoor.Ek bly in Pietersburg, Getroud met my st-9 kêrel, het 3 pragtige dogters, 2 getroud, jongste in st 9, is ouma van 'n 2-jarige dogtertjie. Ek het ok maar voue en velle en plooie by gekry, niemand van ons lyk meer dieselfde as 30 jaar gelede nie! Ons het daarem nou 'n ouderdom bereik waar ons ryp is om mekaar se tekortkominge en gebreke te kan aanvaar en verby alles te kyk en God se genade raak te sien.Kom ons maak 'n lekker spanpoging om mekaar weer te sien.GroeteElize (Koekemoer) Brandt ***********************************************************************************
Antionette (Smith) Vorster. Ek het na my matriek jaar begin werk en is ‘n jaar daarna getroud. Na 3 jaar se getroude lewe is ons geseën met 2 pragtige seuns, by name: Gerhard en Armand.Ons het November 2007 ons 28ste huweliksherdenking gevier. My man by name: Braam het so pas in Januarie sy 50ste verjaarsdagviering gehad! Dis nou ongelukkig so dat niemand "veroudering" kan keer nie en niks daaraan kan doen nie!! Braam het sy eie Vervoer besigheid en ons 2 seuns het hulle eie Vervoer besigheid. My jongste – Armand- het Oukersaand 2007 verloof geraak en ek is bly om te sê ek gaan ‘n skoondogter kry. Ons is baie gelukkig en tevrede met sy keuse en ek het myself belowe dat ek die beste "skoonma" op aarde sal wees. Liesl, (my aanstaande "dogter") is nog besig om te swot by Tukkies en as alles goed gaan sal sy haar studies 2009 voltooi.Ek werk tans by Protea Aftree Oord Heuwelsig in Centurion, en wat ‘n leerskool is dit nie! Ek het baie lewenslesse geleer in die afgelope 6 jaar wat ek al hier werk, Ek het myself belowe die dag as ek ‘n pensioenaris is, sal ek al hierdie "lessies" op myself toepas. Een ding het ek besef, oumense is baie eensaam en is uitgehonger om sosiaal te verkeer! ‘n Stokperdjie en vriendekring is baie belangrik vir die "oumensies"Ons bly nou al 9 jaar in Centurion en is baie gelukkig in hierdie omgewing. Ons het ‘n baie groot huis en het in die winter van 2007 al die huisverbeteringe voltooi en nou bly ek in ‘n "pragtige, lekker-kuier-huis". Wie weet – dalk eendag kry ek ‘n ou "alma mater" as bure!!Tot ons weer ontmoet!
Antionette VorsterAdministrative Officer/Administratiewe BeampteProtea Aftree Oord - HeuwelsigSelfoon: 083 2911 099 Werk: (012) 664 6412 Faks: (012) 664 1897E-Pos: paoheuw@mweb.co.za

Komaan julle, stuur asb nog sulke bydraes.
Posted by HERCULES REUNIE at 12:54 PM 0 comments

Hercules Hoërskool 1978 Matriek Reunie
Hallo ou skoolmaters.
Ons beplan om reunie te hou gedurende die naweek 3-5 Oktober 2008 te Willem Prinsloo Landbou Museum, net buite Pretoria.
Nuusbrief Januarie 2008
Dagsê aan al die ou skoolmaters. Dit is so lekker om na al die jare weer van julle te hoor.Ek het ‘n nuusbrief saamgestel wat ons op gereëlde basis sal uitstuur om almal op hoogte te hou tov die reëlings vir die reunie.
Ons beplan om die die reunie te hou te Willem Prinsloo Landbou museum gedurende die naweek 3-5 Oktober 2008.
Verder het Marene (Richter) de Wet met die skool geskakel en is daar groot behoeftes by die skool. Sy sal vir ons ‘n lys stuur, maar op die oomblik is ek besig om met verf handelaars in die omgewing van die skool te skakel, om te bepaal wat hulle kan bydra om die klaskamers te help uitverf. Meer hieroor in die volgende nuusbrief.
Kan julle elkeen so ‘n bietjie nuus stuur, oor die pad wat jy geloop het oor die afgelope 30 jaar, bv. Hoeveel kinders, kleinkinders (ouderdomme), watter tipe werk jy en/of jou gade doen en sommer nog baie meer.

Voorbeeld:
Maretha (Roets) Jonker. Ek het aanvanlik by die onderwys kollege studeer, maar aan die einde van my 3de jaar besluit dis nie vir my nie. Ek het begin werk en my nuuskierigheid vir rekenaars was geprikkel deur ‘n masjien so groot soos ‘n lessenaar, met ‘n skyf, ‘n rapsie groter as ‘n ou langspeel plaat. So het ek toe die pad saam met die rekenaar tegnologie bewandel en hoofsaaklik met die finansiële sagteware gewerk. Die afgelope 15 jaar werk ek as konsultant wat installeer, kliënte oplei en telefonies ondersteun. Die grootste deel hiervan op “Payroll” sagteware, wat salarisse en lone kan bereken en natuurlik Jan Taks se deel.Ons was in Desember 25 jaar getroud. Ons het nie kinders nie. Toe ons kon kinders hê, het ons uitgestel. Toe ons wou kinders hê, kon ons nie. Daarna het ons aanneming oorweeg, maar daarteen besluit nadat ons vir ‘n aantal naweke kinders uit die kinderhuis geneem het.At (party noem hom Andre) is ‘n dieselwerktuigkundige op groot masjienerie en vragmotors, maar sedert hy verlede jaar ‘n hartaanval gehad en ‘n pasaangeër gekry het, nou meer betrokke by die inspeksie van die voertuie.

Komaan! stuur asb julle inligting aan:marethaj@telkomsa.net
Posted by HERCULES REUNIE at 12:40 PM 0 comments