“Hi Almal.Dis ekke - Rentia Meyer (van Rooyen)! Dit is heerlik om so al die nuus van my ou skoolvriende te lees! Dit voel soos nou die dag dat ons saam op skool was en ek onthou soveel goeie tye wat ons gedeel het! Ek het na skool gaan studeer op Tuks en my in die Rekenaarbedryf begeef - 25 jaar lank al! Ek is tans werksaam by Business Connexion as Account Executive. Ek is getroud in 1983 met Dion Meyer, 'n geskenk van God, en het 3 pragtige kinders! Mariska, is 21 jaar oud en is tans besig met haar graad (finale jaar) in Somatologie by TUT. Sy stel baie belang in hoe om die mediese rigting en die skoonheidsrigting te kombineer en sal graag eendag ‘n holistiese kliniek wil oopmaak. Sy het blonde hare, is fynbesnaard, baie musikaal en ook baie kunstig! Johann, my seun is 19 jaar oud en is besig met sy eerste jaar as Elektroniese Ingenieers student by TUT. Hy het donker hare, is groot gebou en leef, eet en drink rekenaars en elektronika! My laatlam, Dionè is 13jaar oud en in Graad 8! Sy is mal oor dans (modern en funk) en het al mooi prestasies bereik op die SA Kampioenskappe! Sy is die maltrap en besige enetjie in die huis - neem aan alles deel wat sy kan! Sy hou my en Dion jonk! Ons bly in Witbank en glo dit - ons geniet dit vreeslik! Witbank het so ontwikkel - ons het tot ons eie 'mall'! Tog bly dit 'n plattelandse dorpie - min verkeer en rustig! Ons hele gesin is baie lief vir musiek - ek, Dion en ook Mariska sing graag; Mariska speel klavier en Johann baskitaar. Maar die grootste getuienis van alles: God het die grootste wonderwerk in my lewe gedoen - Ek is in Augustus 2006 met borskanker gediagnoseer. Wat traumaties moes wees en ons gesin moes vernietig - het God in iets wonderliks en groot omgekeer! Ek het na my operasie die grootste vrede ervaar wat ek weet net van God afgekom het! Ek het chemo en bestraling ontvang - maar selfs dit wat erg moes wees het God vir my so maklik gemaak! Ek het die mooiste herinneringe daarvan - Dion was elke behandeling saam met my en ons het heerlik gekuier! Selfs toe ek my hare afgeskeer het, was dit prettig - my kinders het vir my 'n 'mow-hawk' geskeer. Dit was sowaar prettig! My toetse wys dat ek skoon is - 'n volkome bewys van God se beloftes dat hy my volmaak genees het en gesond sal hou! Op my rekords by die onkoloog, het ek dat hy aanteken dat ek 104 jaar oud gaan word! Ek loof en prys God vir Sy genade en liefde wat Hy so kosbaar in my en my gesin se lewens bewys het! Dit het weereens bewys hoe groot en almagtig onse God is en dat Hy nog steeds wonderwerke doen in ons lewe! My en my hele gesin se geloof is so versterk hierdeur - my kinders weet hulle kan met ENIGE iets na God gaan - hy voorsien en antwoord gebed! Ek wil so graag deur my lewe God verheerlik in ALLES wat ek doen! Ek kan nie wag om julle almal weer te sien nie! Dit gaan GROOT pret wees! Baie liefde en groete aan almal! Rentia Meyer”
Posted by HERCULES REUNIE at 11:27 AM 1 comments
Sunday, March 2, 2008
HOE? "Post to Blog"
Klik net regs bo op NEW POST - Tik jou boodskap en klik op PUBLISH POST.
Posted by HERCULES REUNIE at 9:48 AM 0 comments
Ronel en Elize - Dankie dat julle laat weet het dat die link na die blog werk. Kan iemand asb toets of julle kan pos na die blog toe.
Posted by HERCULES REUNIE at 9:40 AM 0 comments
Thursday, February 28, 2008
Hercules Hoërskool 1978 Matriek Reunie
Matriek 1978 - HerculesNuusbriefFebruarie 2008
Dagsê almal.
Raar, maar waar. Sedert Elize en ek die eerste keer met mekaar kontak gemaak het, is byna 2 maande al verby.
Ons het reeds ‘n "group" en "event" vir Hercules Reunie op Facebook:http://www.facebook.com/maar nog geen terugvoer.
Een van die " wiz kids" by my werk sal ons help om ‘n "blog" op te stel sodat almal kan deelneem en nuus met mekaar deel, dit is gratis, eerder as ‘n webblad wat ‘n hele paar Rand kan kos. Meer inligting in die volgende nuusbrief.As julle weet van nog vindingryke maniere om te adverteer, laat weet my asb. Elize het al op ‘n Saterdag oggend op RSG adverteer. Ek het pryse van die SABC gekry, maar dit is buitensporig hoog.Die verf handelaars in die omgewing van die skool is maar traag om te besluit hoe om die skool te help. Ek hoop om beter nuus in die volgende nuusbrief te plaas.
LIEF EN LEED
Ter nagedagtenis aan:Danie de Waal - het enige iemand asb meer inligting?
Beterskap met die gesondheid:Rentia en Jakkie - kanker
Weet gerus dat julle nou ook op ons gebedslysies geplaas word.
Gelukwense:
Emails wat terug bons:
Jan and Talita de Waal [talitadw@telkomsa.net]
hugogjooste@polka.co.za hugogjooste@polka.co.za
MEER OOR:
Elize (Koekemoer) Brandt het al met die meeste van julle telefonies gepraat.Dinge is aan die gebeur om die reunie te reël. Ter aansluiting by Maretha kan ek dalk net vir jul die datum deurgee: 3-5 Oktober ' 08. Coenie laat asb van jou hoor, ek kry jou nie telefonies in die hande nie, hoop jou e-pos adres is reg.Ons wil graag hê jul moet ons help om nog pêlle op te spoor, gee vir hulle ons inligting dat ons hul kontakbesonderhede kan kry. Ons beplan om 'n website te kry om almal se doen en late met mekaar te deel. Dis mos lekker om mekaar weer op te spoor.Ek bly in Pietersburg, Getroud met my st-9 kêrel, het 3 pragtige dogters, 2 getroud, jongste in st 9, is ouma van 'n 2-jarige dogtertjie. Ek het ok maar voue en velle en plooie by gekry, niemand van ons lyk meer dieselfde as 30 jaar gelede nie! Ons het daarem nou 'n ouderdom bereik waar ons ryp is om mekaar se tekortkominge en gebreke te kan aanvaar en verby alles te kyk en God se genade raak te sien.Kom ons maak 'n lekker spanpoging om mekaar weer te sien.GroeteElize (Koekemoer) Brandt ***********************************************************************************
Antionette (Smith) Vorster. Ek het na my matriek jaar begin werk en is ‘n jaar daarna getroud. Na 3 jaar se getroude lewe is ons geseën met 2 pragtige seuns, by name: Gerhard en Armand.Ons het November 2007 ons 28ste huweliksherdenking gevier. My man by name: Braam het so pas in Januarie sy 50ste verjaarsdagviering gehad! Dis nou ongelukkig so dat niemand "veroudering" kan keer nie en niks daaraan kan doen nie!! Braam het sy eie Vervoer besigheid en ons 2 seuns het hulle eie Vervoer besigheid. My jongste – Armand- het Oukersaand 2007 verloof geraak en ek is bly om te sê ek gaan ‘n skoondogter kry. Ons is baie gelukkig en tevrede met sy keuse en ek het myself belowe dat ek die beste "skoonma" op aarde sal wees. Liesl, (my aanstaande "dogter") is nog besig om te swot by Tukkies en as alles goed gaan sal sy haar studies 2009 voltooi.Ek werk tans by Protea Aftree Oord Heuwelsig in Centurion, en wat ‘n leerskool is dit nie! Ek het baie lewenslesse geleer in die afgelope 6 jaar wat ek al hier werk, Ek het myself belowe die dag as ek ‘n pensioenaris is, sal ek al hierdie "lessies" op myself toepas. Een ding het ek besef, oumense is baie eensaam en is uitgehonger om sosiaal te verkeer! ‘n Stokperdjie en vriendekring is baie belangrik vir die "oumensies"Ons bly nou al 9 jaar in Centurion en is baie gelukkig in hierdie omgewing. Ons het ‘n baie groot huis en het in die winter van 2007 al die huisverbeteringe voltooi en nou bly ek in ‘n "pragtige, lekker-kuier-huis". Wie weet – dalk eendag kry ek ‘n ou "alma mater" as bure!!Tot ons weer ontmoet!
Antionette VorsterAdministrative Officer/Administratiewe BeampteProtea Aftree Oord - HeuwelsigSelfoon: 083 2911 099 Werk: (012) 664 6412 Faks: (012) 664 1897E-Pos: paoheuw@mweb.co.za
Komaan julle, stuur asb nog sulke bydraes.
Posted by HERCULES REUNIE at 12:54 PM 0 comments
Hercules Hoërskool 1978 Matriek Reunie
Hallo ou skoolmaters.
Ons beplan om reunie te hou gedurende die naweek 3-5 Oktober 2008 te Willem Prinsloo Landbou Museum, net buite Pretoria.
Nuusbrief Januarie 2008
Dagsê aan al die ou skoolmaters. Dit is so lekker om na al die jare weer van julle te hoor.Ek het ‘n nuusbrief saamgestel wat ons op gereëlde basis sal uitstuur om almal op hoogte te hou tov die reëlings vir die reunie.
Ons beplan om die die reunie te hou te Willem Prinsloo Landbou museum gedurende die naweek 3-5 Oktober 2008.
Verder het Marene (Richter) de Wet met die skool geskakel en is daar groot behoeftes by die skool. Sy sal vir ons ‘n lys stuur, maar op die oomblik is ek besig om met verf handelaars in die omgewing van die skool te skakel, om te bepaal wat hulle kan bydra om die klaskamers te help uitverf. Meer hieroor in die volgende nuusbrief.
Kan julle elkeen so ‘n bietjie nuus stuur, oor die pad wat jy geloop het oor die afgelope 30 jaar, bv. Hoeveel kinders, kleinkinders (ouderdomme), watter tipe werk jy en/of jou gade doen en sommer nog baie meer.
Voorbeeld:
Maretha (Roets) Jonker. Ek het aanvanlik by die onderwys kollege studeer, maar aan die einde van my 3de jaar besluit dis nie vir my nie. Ek het begin werk en my nuuskierigheid vir rekenaars was geprikkel deur ‘n masjien so groot soos ‘n lessenaar, met ‘n skyf, ‘n rapsie groter as ‘n ou langspeel plaat. So het ek toe die pad saam met die rekenaar tegnologie bewandel en hoofsaaklik met die finansiële sagteware gewerk. Die afgelope 15 jaar werk ek as konsultant wat installeer, kliënte oplei en telefonies ondersteun. Die grootste deel hiervan op “Payroll” sagteware, wat salarisse en lone kan bereken en natuurlik Jan Taks se deel.Ons was in Desember 25 jaar getroud. Ons het nie kinders nie. Toe ons kon kinders hê, het ons uitgestel. Toe ons wou kinders hê, kon ons nie. Daarna het ons aanneming oorweeg, maar daarteen besluit nadat ons vir ‘n aantal naweke kinders uit die kinderhuis geneem het.At (party noem hom Andre) is ‘n dieselwerktuigkundige op groot masjienerie en vragmotors, maar sedert hy verlede jaar ‘n hartaanval gehad en ‘n pasaangeër gekry het, nou meer betrokke by die inspeksie van die voertuie.
Komaan! stuur asb julle inligting aan:marethaj@telkomsa.net
Posted by HERCULES REUNIE at 12:40 PM 0 comments
Saturday, March 29, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment