Tot dusver is ons 35 volwassenes en 4 kinders wat die Reunie gaan bywoon.
Omdat daar so min belangstelling was vir die Vrydagaand, het Elize met Willem Prinsloo Museum geskakel, maar die koste bly onveranderd (R6000 vir die naweek) selfs al sou ons die terrein slegs die Saterdag en Sondag gebruik. Dus volstaan ons by Reunie Naweek.
Die koste per persoon beloop dus R200 per volwassene en R100 per kind en moet inbetaal word by Elize (015/2899220 of 0794969324) vir Bank besonderhede. Betaling moet asb. voor 15 Spetember gedoen word.
Omdat dit so moeilik is om te bepaal hoeveel mense daar gaan wees met elke ete, het ons gedink dat elke gesin 1 bak slaai bring, dan sit ons alles op een tafel om ‘n groot verskeidenheid te kry. Verder bring elkeen sy eie vleis en drinkgoed vir die Saterdagmiddag se braai. Elize en ek sal sorg vir pap/broodjies en sous. Elkeen sorg dan self vir die ander etes. Elize sal nog bevestig of die restaurant Sondag oggend oop sal wees vir ontbyt.
Elize het ‘n advertensie in Beeld geplaas wat reeds op 11 en 18 Julie verskyn het en nog hierdie Vrydag 25 Julie moet verskyn, maar heellaas – geen reaksie tot dusver.
Die Rekord koerant het onderneem om ‘n gratis berig onder die Agenda kolom te plaas in die komende week of so. ‘n Mens stuur die berig en as hulle ruimte het, plaas hulle die berig. Hou duim vas.
Ons is steeds opsoek na iemand wat kan sorg vir die musiek. Help asb!!! As elkeen ‘n CD of twee kan saambring sal ons ‘n groot verskeidenheid musiek hê en selfs ‘n draai of wat kan dans.
Hou asb. vir Jeanette in julle gebede.
Friday, July 25, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment